Sunbird Says...

05 January 2007

Going up in Smoke!

Wel, ons het nie ver van die huis af beweeg hierdie vakansie nie! Ek het meestal maar net gewerk - ek het 'n ongelooflike streng baas!

Ek het wel tyd ingerig - oor naweke - om 'n bietjie fotos in en om die huis te neem.

Ons het 'n uitstappie beplan vir die 30ste Desember om orgidiƫ te gaan afneem, maar to reen dit die hele dag! Ek het toe maar op my lysie afgegaan en die volgende "foto projek" wat nie afhanklik is van die weer nie, gekies.

En die tema was.... Rook!

Ek wou al lankal eksperimenteer met fotos van rook, maar het nog nooit dit genoeg aandag gegee om dit hoog genoeg op die prioriteitslys te plaas sodat dit tot uitvoering kom nie.

Ian Smook het 'n nuwe Nikon D80 gekoop en het gevra of ons een of ander projek saam kan doen sodat hy bietjie tips van 'n "ou Nikon hand" kan kry. Ek besluit toe dat die rook projek net die regte projek kan wees - Ian rook!

So, ons het toe 'n studio lig in die lapa opgestel en heerlik met sy sigarette ge-eksperimenteer!
(Persoonlik dink ek dis die mees positiewe ding wat hy nog ooit met sy sigarette gedoen het!)

Hier is die resultaat:








2 Comments:

  • At 2:31 pm , Anonymous Anonymous said...

    Wow!

    Dis nou nice fotos!!

    Mirna

     
  • At 3:07 pm , Blogger D said...

    Ek het skoon vergeet om jou blog naam te verander op my blog. Dit is darem nou gedoen :)

    Great fotos. Gooi 'n blou of rooi spot ook in. Kan interesant wees. Ek gaan ook bietjie kyk of ek dit kan reg kry om rook af te neem. Ken niemand wat rook nie, so ek sal maar wierook [sp?] moet gebruik.

    Groetnis

     

Post a Comment

Subscribe to Post Comments [Atom]

<< Home