Sunbird Says...

09 November 2005

Sydney in 29 Ure

Donovan was klaarblyklik gewaarsku, maar dit het ek eers gehoor toe ek weer terug in Suid Afrika kom. Wanneer ek oorsee gaan, probeer ek die meeste maak van die beskikbare ure - en slaap maak net inbreek op beskikbare ure (ek dink dis hoekom Sanet nie noodwendig aandring om saam met my oorsee te gaan nie!). So, ons het toe maar 'n bietjie "power traveling" tussen 18:00 Vrydag aand en 23:00 Saterdag ingepas.
Donovan het die waarskuwing ter harte geneem en darem voorgestel dat ons 'n motor huur vir die tyd (my vorige Sydney eskepades was of per voet of per fiets - maar dis 'n ander storie).

Basies het ons uitstappie (die feit dat ons net so 'n bietjie meer as 2 ure geslaap het, maak dat hierdie naweek net as een uitstappie tel) begin met nag fotos by die see, gevolg deur middernag fotos in 'n begrafplaas. Ek dink Donovan se begrafplaas fotos is baie mooier as myne, maar ek het darem geeksperimenteer om die atmosfeer te probeer vasvat met hierdie "long exposure" foto van my en Donanvan.


(Tegniese data: 2 minute beligting. Tydens die twee minute het ons rond gehardloop en elke keer wat ek tot stilstand gekom het, het Donovan my met die flits belig wat tot gevolg het dat ek (en hy) verskeie kere in die foto verskyn)

Ons het ook probeer om die sonsopkoms af te neem, maar dit was minder suksesvol aangesien die Sydney weer nie saamgespeel het nie. Tog het ek 'n paar fotos wat redelik goed uitgekom het.


(Tegniese data: ISO 200; F22; 1/2 sec, 24mm Focal length)


(Tegniese data: ISO 200; F16; 1.6 sec, 24mm Focal length)

Hierna het ons die pad gevat in 'n suidelike rigting om die res van die dag in die Royal National Park deur te bring. Dit was wonderlik, veral as julle in ag neem dat ek 'n ding oor bome het. Hierdie foto wat ek met 'n infrarooi filter geneem het, is my huidige gunsteling.


(Tegniese data: ISO 200; F11; 6 sec, 42mm Focal length;Cokin R72 Infra rooi filter;ruil die rooi en groen channels om)

Net voor ons die park verlaat het, het ons op 'n waterstoompie afgekom waar ons weer 'n fotosessie ingepas het. Nadat ons alle hoeke van die waterstroompie deurgewerk het, en omtrent reg was om te ry, het Donanvan 'n uitgebrande motorwrak ontdek. Nodeloos om te se, hier het ons weer redelik lank vasgehaak. Ek het natuurlik weer met infrarooi geeksperimenteer, maar het nog nie tyd gehad om hulle te verwerk nie. Hier is 'n foto van Donovan waar hy besig is om 'n nuwe hoek te ondersoek.


(Tegniese data: ISO 200; F11; 1/3 sec, 24mm Focal length)

Na hierdie sessie was ons redelik versadig van fotos neem (ja ons kan ook daardie staat bereik - maar ek moet erken dat ons tolleransie vlak dalk bietjie beter as die res van ons families sin is) en het ons besluit om huiswaarts te keer.


(lees ook gerus Donavan se blog oor hierdie uitstappie)

4 Comments:

  • At 8:16 am , Blogger D said...

    Ai Johann, die false colour foto is ongelooflik mooi!
    Ek sal vannaand probeer om met van my fotos te speel. Jy inspireer my om sommer weer daar te gaan fotos neem!

    Jy's reg, dit was 'n goeie trippie.

     
  • At 10:44 pm , Anonymous Anonymous said...

    sunbirdsays.blogspot.com is very informative. The article is very professionally written. I enjoy reading sunbirdsays.blogspot.com every day.
    pay day loan
    payday loans online

     
  • At 1:09 pm , Anonymous Anonymous said...

    [B]NZBsRus.com[/B]
    No More Slow Downloads Using NZB Files You Can Swiftly Search HD Movies, Games, MP3 Albums, Applications and Download Them @ Maxed Out Speeds

    [URL=http://www.nzbsrus.com][B]NZB Search[/B][/URL]

     
  • At 2:36 pm , Anonymous Anonymous said...

    Making money on the internet is easy in the hush-hush world of [URL=http://www.www.blackhatmoneymaker.com]blackhat make money[/URL], You are far from alone if you haven’t heard of it before. Blackhat marketing uses not-so-popular or misunderstood methods to generate an income online.

     

Post a Comment

Subscribe to Post Comments [Atom]

<< Home