Sunbird Says...

13 October 2006

Soususvlei

So, ek is al aangespreek omdat ek nog nie van my vakansie fotos op die blog gelaai het nie. Hier is 'n paar wat by Soususvlei afgeneem is - Ja, ok, dis net duine, maar ek is mal oor die lyne wat mens in duine kan kry - en die emosies wat dit tot gevolg het!

Mettertyd sal ek nog verwerkings doen (soos die werk toelaat).

Hierdie een het ek afgeneem oppad na dooievlei, sommer so in die verbygang (eintlik het ek 'n verskoning gesoek om my asem terug te kry, dis ongeveer 500 meter teen die duine uit!). Ek het nie tydens die afneem geweet dit het soveel potensiaal nie. Verwerking: Ek het dit na swart en wit verander en toe 'n "color gradient" opgesit. Dit het 'n beter "mood" gegee as die oorspronklike foto.




Die tweede een is een van my "Body Dunes" fotos! Ek het slegs ge"crop" - niks anders is verander nie.


Die laaste een is meer uitgezoom om 'n groter geheelbeeld te kry. Eintlik is daar verskeie fotos in hierdie een vasgevang. Dink ek sal mettertyd elkeen sy eie plekkie gee!

Jy's welkom om kommentaar te laat!

En jy hoef nie vir hierdie zebra van my blog te vertel nie, soos jy kan sien het ek dit reeds gedoen:


1 Comments:

  • At 2:43 pm , Blogger D said...

    Ai, Johann, ek wens ek kon saam Rigtersveld toe daai tyd. Dit lyk so mooi. Die duine se vorms is absoluut fantasties. Hope potensiaal om 'n paar wen verwerkings uit hulle te kry, veral die "body dunes". Mooi bly!

     

Post a Comment

Subscribe to Post Comments [Atom]

<< Home