Sunbird Says...

20 October 2006

Die lewe is 'n Lied

Wel, dis nou as jy genoeg ritme het om saam te dans!

Christè het my gevra om 'n paar fotos van haar te neem met haar balet klere van haar laaste produksie wat verlede Vrydag geeindig het. Die klere - soos die geval is met die meeste dans produksies - is gehuurde klere en moet dus terug gaan. So ons het gou 'n paar kiekies geneem voordat sy die klere terugstuur.

Hier is drie van my gunsteling fotos.

Die eerste een is van haar opwarmings oefeninge.

Ek het ook van die geleentheid gebruik gemaak om my slow shutter speed / rear curtain sync tegniek te oefen. Alhoewel hierdie tegniek lieflike resultate tot gevolg het, is dit moeilik om suksesvolle fotos te kry. Christè verstaan darem redelik wat om te doen aangesien sy ook in fotografie belangstel.

Hier is twee van die meer suksesvolle pogings.


Die was 4 ure van baie pret!

1 Comments:

  • At 2:48 pm , Blogger D said...

    Man, hoekom het ons nie die dinge gedoen terwyl ek nog daar was nie? Jy vat al die pret vir jouself :)
    Jy moet vir my bietjie inligting stuur oor die tegniek. Ek het 'n paar idees.
    Mooi mooi mooi! en stuur nog.

     

Post a Comment

Subscribe to Post Comments [Atom]

<< Home